Wellington (Engels) Te Whanganui-a-Tara / Pōneke (Maori) | |
---|---|
![]() | |
Byname: Windy Wellington, Wellywood | |
Leuse: Suprema a Situ[1] ("Hoogste deur posisie") | |
Ligging | |
![]() |
![]() |
Vlag en wapen | |
![]() |
![]() |
Basiese gegewens | |
Stigting: | 1839 (Europeërs) |
Bevolking: | 212 849[2] (Desember 2023) |
Oppervlakte: | 289,91 km²[3] |
Bevolkingsdigtheid: | 734,2/km² |
Gemiddelde inkomste: | NZ$51 008 miljard[4] (Wellington-streek, 2024) |
Per kapita: | NZ$92 776[5] (Wellington-streek, 2024) |
Geografiese ligging: | 41°17′S 174°46′O / 41.283°S 174.767°O |
Tydsone: | UTC +12 (NZST) |
Somertyd: | UTC +13 (NZDT) |
Amptelike webwerf: | wellington.govt.nz |
Administratiewe verdeling | |
Land: | ![]() |
Eiland: | Noordeiland |
Streek: | Wellington |
Distrikte: |
|
Burgemeester: | Tory Whanau (Groen) |
Adjunkburgemeester: | Laurie Foon |
Wellington (Engels: [ˈwɛlɪŋtən]; Māori: Te Whanganui-a-Tara, [tɛ ˈɸaŋanʉi a ˈtaɾa], of Pōneke, [ˈpɔːnɛkɛ], ) is die hoofstad van Nieu-Seeland en is die tweede grootste stedelike gebied in die eilandstaat asook die mees bevolkte nasionale hoofstad in Oseanië en die suidelikste ter wêreld. Die stad is geleë in die Wellington-streek aan die suidelike punt van die Noordeiland, naby die geografiese middelpunt van die land.
Soos baie ander stede strek die gebied wat die stad in beslag neem verder as die grense van die plaaslike munisipaliteit. Groter Wellington of die Wellington-streek word gebruik om na die hele stedelike gebied te verwys, asook die landelike dele van die stad, die Kapiti-kus en verby die Rimutaka Range tot by Wairarapa.